Jou besigheid het planne.

Ons help dit gebeur.

Van finansiering en energie tot versekering en logistiek – eenvoudig, betroubaar en in Afrikaans.

Finansiering

Energie

Virsekering

Logistieke

Jou besigheid het planne. Ons help dit gebeur.

Van finansiering en energie tot versekering en logistiek – eenvoudig, betroubaar en in Afrikaans.

Virri Finansiering is gebou vir die mense wat Suid-Afrikaanse landbou vorentoe dryf. Ons maak finansiering eenvoudiger, meer persoonlik en meer relevant deur die landboumark te verstaan, die regte oplossings rondom jou behoeftes te struktureer en alles in duidelike, verstaanbare Afrikaans te verduidelik. Van bate- en toerustingfinansiering tot sonkrag, logistiek en ander finansiële oplossings. Virri bring verskeie moontlikhede saam onder een betroubare handelsmerk. Een handelsmerk. Verskeie oplossings. Een taal.

Alles wat jou besigheid nodig het, op een plek

Van finansiering en energie tot versekering en logistiek, Virri bring praktiese besigheidsoplossings bymekaar onder een handelsmerk. Eenvoudig, persoonlik en in jou taal.

Hoekom Virri?

Minder kompleksiteit. Meer wat sin maak.

Persoonlike diens

Jy praat met regte mense wat jou behoefte wil verstaan en jou deur die proses help, sonder onnodige rondstuur.

Finansiering in jou taal

Ons verduidelik finansiering en versekering in eenvoudige Afrikaans, sodat jy presies weet wat aangaan en waarvoor jy teken.

Oplossings wat pas

Geen twee boerderye of besighede is dieselfde nie. Daarom help ons jou om ’n oplossing te vind wat sin maak vir jou spesifieke behoefte.

Hoe

werk Virri?

Ons glo ‘n eenvoudige proses skep beter besluite. Daarom hou ons jou ingelig en beweeg ons elke stap doelgerig vorentoe.

1

Vertel ons wat jy nodig het

Kies die diens wat by jou behoefte pas en stuur vir ons ’n vinnige navraag.

2

Ons kyk na jou opsies

Ons leer jou besigheid en behoefte beter ken en help om die toepaslike finansiële oplossing te identifiseer.

3

Ons help jou van daar af

Ons fasiliteer die proses met die toepaslike finansierings- of versekeringsvennoot en hou jou op hoogte.

Lojaliteit wat in goud groei

By VIRRI glo ons dat elke bietjie waardevol is. Daarom bied ons SA Goldbits as ons lojaliteitsprogram, waar jy belonings en bydraes kan gebruik om stap vir stap aan jou goudbesit te bou. Dit is ’n eenvoudige manier om jou lojaliteit te omskep in iets met werklike, tasbare waarde.

Ons soek agente reg oor Suid-Afrika.

Ken jy jou streek, jou mense en jou besigheidsnetwerk? Ons soek mense wat Virri in gemeenskappe reg oor die land kan verteenwoordig en kliënte met finansiering, versekering en ander besigheidsoplossings kan help verbind.